Marinus
te Water Naude
Meintjeskop
Koerier, Volume II, 1994
Aangesien heelwat van die Departement se
jonger lede eers in die sestiger- en selfs sewentigerjare gebore is, mag iets
omtrent 'n vroeer tyd vir hulle interessant wees.
In die vroee sestigerjare was minister
Botha maar 'n tweede sekretaris. Die jonger lede van destyds het gehoor dat sy
bevordering vertraag is omdat hy nie die vereiste kursus in Frans afgele het nie.
Hy was toe reeds terug van poste in Stockholm en Keulen en was iemand van wie
nuwelinge bewus was.
Volgens populere sienings bet sy reputasie hoofsaaklik
heros op die feit dat hy vroeer 'n Rasie-leier by Tuks was en dat hy met enkele
uitsonderings die lede van 'n musiek-en-dansgroep, die Golden City Dixies, oorreed
het om uit Swede na Suid-Afrika terug te keer. Eintlik was sy reputasie toe al
gegrond op sy sterk opinies wat hy bereid was om teenoor enigiemand te verdedig
- en meestal kon oorreed - sy vindingrykheid en onverwagte insigte. Daarby was hy
instaat om lank en hard te werk onafgesien van tyd en dag of nag.
Ander ouer kollegas uit heeltemal 'n ander
(SAP) era het nou en dan verwys na sy verslae oor die oorredingspogings met die
Dixies verwys met 'n mengsel van verwerping maar ook onbegrip vir sy wyse van
doen. Op 'n keer het 'n paar kadette so 'n verslag opgediep (alles hardekopiee
destyds, netjies getik deur 'n ouer geslag buitelandse assistente wat byna
almal streng tot kwaai en teregwysend was tov kadette).
Die Dixies was by 'n
hotel erens in die woude aan't besin en die latere minister het in sy verslag
oor die besondere oorredingspoging o.a. 'n sin geskryf wat min of meer as volg
gelees het: "Die enjin snor gerusstellend soos die Mercedes, draai na
draai, deur die ewige Sweedse dennewoude bergopwaarts klim". (In sy
studentedae is kortverhale onder die naam Pik Botha in die Huisgenoot
gepubliseer.)
In die middel-sestigerjare het die
Departement die produksie van die repliek van die regering in die SWA-saak in
die Wereldhof gekoordineer, 'n Span advokate het die tekste geskryf terwyl
spanne tiksters,'navorsers, proetlesers, reproduseerders en ander, onder
aanvoering van mnr Botha, dit vir die drukkers persklaar gemaak het. Dit het
vir weke en maande aangegaan met lang ure oortyd.
Hy het toe reeds verstaan hoe
om 'n groepie troue werkers om hom saam
te snoer en sy span was altyd gereed om meer te doen. Van die ouer dames het
met die geringste kuggie of sein van sy kant, koffie, ens. aangedra. Almal het
gereeld aan sy lippe gehang wanneer hy met redevoering lang redevoerings gehou
het oor 'n aspek van die saak, of sommer net staaltjies vertel het oor alles en
nog wat.
Hy was lief vir die veld en om te gaan jag
as hy af en toe die kans gekry het, Ook vir vertellinge hieroor was daar toegewyde
gehore, insluitende die advokate. Op die jagveld het hy onwaarskynlike
ervarings gehad o.a. dat hy op 'n keer paddas so groot soos
"hanslammers" raakgeloop het. Hy het oorweeg om 'n eksemplaar as
bewys te skiet en aangele, maar die padda het hom so uitdagend en verwytend met
sypieringoe aangekyk dat hy maar liewer die geweer laat sak het ...
Met hierdie sessies en belangstelling in sy
medewerkers het hy die moraal hoog gehou en daarin geslaag om die beste uit
almal te haal, Na weke van oortyd het moedeloosheid en 'n sin van onwerklikheid
a.g.v. pure vermoeidheid egter die produksiespan begin tref.
In die tyd het gerugte oor die
herverskyning van 'n spook in die kloktoring van die Oosvleuel van die
Uniegebou veral onder die dames 'n sekere angstigheid veroorsaak. Die gerug wou
maar nie gaan Ie.
Die sommige het dit summier as twak verwerp maar veral nadat waardige lede van die regspan 'n week of wat later ook gemeen het hulle merk iets in die vroee oggendure, het twyfel toegeneem. Mnr Botha se belangstelling was ook gaande.
Die sommige het dit summier as twak verwerp maar veral nadat waardige lede van die regspan 'n week of wat later ook gemeen het hulle merk iets in die vroee oggendure, het twyfel toegeneem. Mnr Botha se belangstelling was ook gaande.
Om 'n einde aan die gerugte te maak het hy gereel dat op 'n Saterdagaand,
twaalfuur donkermaan, almal by vensters van die Wesvleuel bokant die amfiteater
stelling sou inneem. Teen elfuur die aand het slegs die ywerigstes nog gewerk
en teen twaalfuur was die spanning werklik hoog. En jou waarlik, toe sommige
begin dink daar is tog niks van waar
Die, is in die donker stilte 'n wit
skimmigheid onder die kloktoring opgemerk. Later het dit van tyd tot tyd op die
stoep oorkant ook sigbaar geword en toe met 'n eienaardige beweging na die
cupola tussen die visdamme begin sweef. Sommige dames het reeds onbedaarlik
gegil en begin fIoword toe die immer nugtere David Tothill beweer dat hy die
"simian movements" van adv. John Viall onder 'n laken herken.
Die opwinding en nabetragings het die
merkwaardige effek gehad om die span te 1aat voel asof hulle vir 'n week d meer
met vakansie was. Mr Botha, wat die gerugte oor 'n tydperk sorgvuldig geplant
het en met enkele medewerkers die "verskynsel" beplan het, kon sy
tevredenheid en plesier nie heeltema1 verberg nie.
Die 1ang werksure het ook veroorsaak dat
sommige lede van die span allerlei probleme ervaar het agv familie
omstandighede, kadette met eksamens, ens. Dan was hy gereed om uit sy pad uit
te gaan om hulle te help. Op hulle beurt was sy spanlede bereid om vir hom deur
die vuur te loop. Uiteindelik het hy as volwaardige lid van die regspan na die
Wereldhof in Den Haag gegaan.
Marinus wrote so well. Such delightful Afrikaans.
ReplyDeleteHhanks Tom
ReplyDeleteNeels was Marinus te Water's Best Man and Neels proposed to me behind the Union Buildings...so yes....memories.
Greetings
Louise Booysen