Union Buildings

Union Buildings

Thursday 2 February 2017

Memories of Minister Pik Botha ...


Marinus te Water Naude
Meintjeskop Koerier, Volume II, 1994 

Aangesien heelwat van die Departement se jonger lede eers in die sestiger- en selfs sewentigerjare gebore is, mag iets omtrent 'n vroeer tyd vir hulle interessant wees.

In die vroee sestigerjare was minister Botha maar 'n tweede sekretaris. Die jonger lede van destyds het gehoor dat sy bevordering vertraag is omdat hy nie die vereiste kursus in Frans afgele het nie. Hy was toe reeds terug van poste in Stockholm en Keulen en was iemand van wie nuwelinge bewus was. 

Volgens populere sienings bet sy reputasie hoofsaaklik heros op die feit dat hy vroeer 'n Rasie-leier by Tuks was en dat hy met enkele uitsonderings die lede van 'n musiek-en-dansgroep, die Golden City Dixies, oorreed het om uit Swede na Suid-Afrika terug te keer. Eintlik was sy reputasie toe al gegrond op sy sterk opinies wat hy bereid was om teenoor enigiemand te verdedig - en meestal kon oorreed - sy vindingrykheid en onverwagte insigte. Daarby was hy instaat om lank en hard te werk onafgesien van tyd en dag of nag.

Ander ouer kollegas uit heeltemal 'n ander (SAP) era het nou en dan verwys na sy verslae oor die oorredingspogings met die Dixies verwys met 'n mengsel van verwerping maar ook onbegrip vir sy wyse van doen. Op 'n keer het 'n paar kadette so 'n verslag opgediep (alles hardekopiee destyds, netjies getik deur 'n ouer geslag buitelandse assistente wat byna almal streng tot kwaai en teregwysend was tov kadette). 

Die Dixies was by 'n hotel erens in die woude aan't besin en die latere minister het in sy verslag oor die besondere oorredingspoging o.a. 'n sin geskryf wat min of meer as volg gelees het: "Die enjin snor gerusstellend soos die Mercedes, draai na draai, deur die ewige Sweedse dennewoude bergopwaarts klim". (In sy studentedae is kortverhale onder die naam Pik Botha in die Huisgenoot gepubliseer.)

In die middel-sestigerjare het die Departement die produksie van die repliek van die regering in die SWA-saak in die Wereldhof gekoordineer, 'n Span advokate het die tekste geskryf terwyl spanne tiksters,'navorsers, proetlesers, reproduseerders en ander, onder aanvoering van mnr Botha, dit vir die drukkers persklaar gemaak het. Dit het vir weke en maande aangegaan met lang ure oortyd. 

Hy het toe reeds verstaan hoe om 'n groepie troue  werkers om hom saam te snoer en sy span was altyd gereed om meer te doen. Van die ouer dames het met die geringste kuggie of sein van sy kant, koffie, ens. aangedra. Almal het gereeld aan sy lippe gehang wanneer hy met redevoering lang redevoerings gehou het oor 'n aspek van die saak, of sommer net staaltjies vertel het oor alles en nog wat.

Hy was lief vir die veld en om te gaan jag as hy af en toe die kans gekry het, Ook vir vertellinge hieroor was daar toegewyde gehore, insluitende die advokate. Op die jagveld het hy onwaarskynlike ervarings gehad o.a. dat hy op 'n keer paddas so groot soos "hanslammers" raakgeloop het. Hy het oorweeg om 'n eksemplaar as bewys te skiet en aangele, maar die padda het hom so uitdagend en verwytend met sypieringoe aangekyk dat hy maar liewer die geweer laat sak het ...

Met hierdie sessies en belangstelling in sy medewerkers het hy die moraal hoog gehou en daarin geslaag om die beste uit almal te haal, Na weke van oortyd het moedeloosheid en 'n sin van onwerklikheid a.g.v. pure vermoeidheid egter die produksiespan begin tref.

In die tyd het gerugte oor die herverskyning van 'n spook in die kloktoring van die Oosvleuel van die Uniegebou veral onder die dames 'n sekere angstigheid veroorsaak. Die gerug wou maar nie gaan Ie. 

Die sommige het dit summier as twak verwerp maar veral nadat waardige lede van die regspan 'n week of wat later ook gemeen het hulle merk iets in die vroee oggendure, het twyfel toegeneem. Mnr Botha se belangstelling was ook gaande. 

Om 'n einde aan die gerugte te maak het hy gereel dat op 'n Saterdagaand, twaalfuur donkermaan, almal by vensters van die Wesvleuel bokant die amfiteater stelling sou inneem. Teen elfuur die aand het slegs die ywerigstes nog gewerk en teen twaalfuur was die spanning werklik hoog. En jou waarlik, toe sommige begin dink daar is tog niks van waar 

Die, is in die donker stilte 'n wit skimmigheid onder die kloktoring opgemerk. Later het dit van tyd tot tyd op die stoep oorkant ook sigbaar geword en toe met 'n eienaardige beweging na die cupola tussen die visdamme begin sweef. Sommige dames het reeds onbedaarlik gegil en begin fIoword toe die immer nugtere David Tothill beweer dat hy die "simian movements" van adv. John Viall onder 'n laken herken.

Die opwinding en nabetragings het die merkwaardige effek gehad om die span te 1aat voel asof hulle vir 'n week d meer met vakansie was. Mr Botha, wat die gerugte oor 'n tydperk sorgvuldig geplant het en met enkele medewerkers die "verskynsel" beplan het, kon sy tevredenheid en plesier nie heeltema1 verberg nie.

Die 1ang werksure het ook veroorsaak dat sommige lede van die span allerlei probleme ervaar het agv familie omstandighede, kadette met eksamens, ens. Dan was hy gereed om uit sy pad uit te gaan om hulle te help. Op hulle beurt was sy spanlede bereid om vir hom deur die vuur te loop. Uiteindelik het hy as volwaardige lid van die regspan na die Wereldhof in Den Haag gegaan.



2 comments:

  1. Marinus wrote so well. Such delightful Afrikaans.

    ReplyDelete
  2. Hhanks Tom

    Neels was Marinus te Water's Best Man and Neels proposed to me behind the Union Buildings...so yes....memories.

    Greetings
    Louise Booysen

    ReplyDelete