Union Buildings

Union Buildings

Wednesday, 15 February 2017

Reflections on the South West Africa court case ...

                                                

Patrys Smith, Paraguay
Meintjeskop Koerier
Volume II. 1994

Dit was 'n Julie-oggend kwartoor nege toe Stoney my roep en se:  “Rapporteer by kamer 109 nee, 109A, daar by Pik Botha.  Hulle wil meer hulp he. Daar waar 'n saak gemaak word oor Suidwes-Afrika.  Dit was die jare van Memories en Teen-memories.                                                
Ons kon skaars tyd vind vir stories.  Kort voor lank was dit Pikkewyn, Koedoe, Patrys en Kittie, met Marinus, Hein, Mejuffrou Stolte en Kie.  As ek se "Pik", is dit nie aan gebrek aan respek vir 'n Minister,  maar met Pik die Kollega, is die herinneringe soos gister. 

Ek saI die rymelary maar daar laat, Dit was die jaar 1964. As "n mens terugdink is daar so baie wat 'n mens kan neerstip. Geld was nie volop nie, vera! nie na die terugkoms van 'n eerste pos nie. Die van ons wat gerook  het, het Pik se voorbeeld gevolg en hoofsaaklik pyp gerook met 'n pyp soos Pik. (Ek het nou nog die ou grote erens).

Nuwe skoene "met bree ronde punte sodat jy jou tone , daarin kan rondrol" en nuwe klere, moes wag totdat'n voorskot op "S+T" getrek kon word - mits jy buiteland toe reis. (Kleretoetalae was net vir verplaasdes bestem soos nou weer die gevaI is).

Wanneer 'n mens terugdink, kom die herinneringe baie vinnig die een na die ander, oa hoe Pik die vertrek van die laaste vliegtuig na Kaapstad op 'n Sondagaand " in opdrag van Eerste Minister Verwoerd" laat vertraag het. Die rede? 

Die konsepstukke moes Kaap toe waar die enigste drukkers was wat volgens Staatskontrak die pleitstukke mag druk. Alles het streng volgens skedule gewerk en die "drukker" se personeel het daarvoor  gewag. Eintlik was dit nie in opdrag van Dr Verwoerd nie - Pik bet aan die lughawe se verkeershoof gese dat as by nie die vlug wi1 "terughou" nie, hy net die "volgende nommer moet skakel en vir Dr Verwoerd vra". Hy kan dan aan Dr Verwoerd sy redes vir sy sluit verskaf.

Onnodig om te se, Pik bet sy sin gekry. Die stukke is deur die venster aan die kaptein gegee op die aanloopbaan by Jan Smutslughawe.

Later dieselfde week - Vrydagmiddag - het ons 'n boek dringend benodig om 'n aanhaling wat die advokate in die pleitstukke gebruik het vir korrektheid na te gaan. Die boek was nerens in Pretoria beskikbaar nie. Die proewe moes nog daardie aand Kaap-toe. Einde ten laaste word 'n eksemplaar by Wits se biblioteek opgespoor. 

Dit was tien voor vier, vakansietyd en die bib sluit om vieruur vir die naweek. Pik reel toe dat die Blitspatrollie in Johannesburg die boek gaan afhaal. Een van ons sou dit later by hulle kom kry. Pik reel voorts dat dieselfde student wat die vorige Sondagaand na Jan Smutslughawe moes jaag dit gaan haal. 

"En jy sorg dat jy binne een uur terug is anders verkla ek jou by Dr Verwoerd!" Daardie dae was die snelweg tussen Johannesburg en Pretoria nog nie klaar gebou nie. Die jongman was nietemin tot almal se verbasing binne die bestek van een uur terug. Hy verduidelik toe dat hulle soms aan die verkeerde kant motors verbygesteek het. 

By die ingang van Johannesburg is die staatsmotor vir 'n spoedoortreding voorgekeer. Hy het toe in allerhaas, nadat hy homself met 'n tuisgemaakte dubbelfolio "identiteitskaart" met die woorde "OP AMPTELIKE DIENS - Departement van Buitelandse Sake" daarop bekendgestel het, verduidelik dat hy 'n boek moes gaan haal by die blitspattollie "In opdrag van Dr Verwoerd" en dat daar 'n tydsbeperking is.

Die verkeerspolisie bet toe aan hulle begeleiding verskaf, met sirenes en aI, tot by die blitspatrollie en weer terug tot na die buitewyke van Johannesburg!

Oortyd het ons baie gewerk. Pik, met die ondersteuning van mnr Donald Sole, het gereel dat ons daarvoor vergoed word. Hy en ander het een maand, as ek reg onthou, meer as 250 uur oortyd gewerk! Helena en die kinders het oor die naweke kos gebring. Maandaoggende was die toegewyde Helena daar met sy skeergoed en soos sy dit gestel het "ten minste 'n skoon hemp"!

Tydens die druk van, ek glo, die "Counter Memorials" was Pik die Departement se verteenwoordiger by die drukpers in Kaapstad. Die setters moes vera! baie aande laat werke, soms oor naweke. Hulle is ruim daarvoor vergoed. 

Toe alles klaar was, het een van die setters Pik kom groet. Laasgenoemde het hom hartlik bedank en die vertroue uitgespreek: dat hy tevrede is met die materiele vergoeding. Volgens Pik was die antwoord: " Mr. Botha, I shall give you all the money I earned for this overtime, provided you give me that time to live!"

Daar is dinge wat meer werd is as geld, soos herinneringe!



No comments:

Post a Comment