Annatjie
Prinsloo, Frankfurt.
Dit was September 1984 en die laaste Vrydag
van daardie drie weke waarin die nuwe taatspresident, mnr P W Botha, ingehuldig
is in Kaapstad en toe die "VIER" in Coventry aangehou was en die
"SES" hulle toevlug tot die Britse Konsulaat in Durban geneem het.
Soveel werk, buite teen Seinheuwel skyn die son uit
'n bloue hemel, Brian Cohen se bote is besig om die ryk opbrengs van die
bloudam in te sameL..en daar begin Minister Pik se hart met 'n punt na die
spieelgladde see toe trek. a, die hardvogtige Assistent-Privaatsekretaris, is
gedetermineerd om die werk klaar te kry en dra net meer voorleggings aan vir
goedkeuring en ondertekening.
En toe kry die Minister 'n plan.
Vie Zazeraj, die Privaatsekretaris, was nie
in sy kantoor nie en ek het sommer daar by die skakelbord gesit en werk (buiten
die Minister se jarelange motorbestuurder oom Kemeels Joubert, was ons die
enigste Ministeriepersoneel in die Kaap op daardie tydstip).
Die plan kon dalk werk. Terwyl ek nog so
sit en tik, gewaar ek 'n beweging uit die hoek van my oog: daar in die gang,
lewensgroot op sy hande en kniee, is die Minister besig om verby my te kruip in
die gang af op pad na sy vryheid en die see!
Wat ek met die kwajong gemaak het? Ten
spyte van twee yslike verwytende oe natuurlik onmiddellik na sy kantoor
teruggestuur!
Die weer daarbuite (anders as in die
kantoor!) het gunstig gebly en daardie aand, toe die werk op datum was, kon die
Minister (geklee in daardie ou kakiebroek waarvan die soom so 'n stuk
weggebrand was deur die kole, maar wag, dis 'n ander storie), Vic en oom
Kemeels op die boot uitvaar in salige kameraderie.
No comments:
Post a Comment