Union Buildings

Union Buildings

Tuesday, 18 April 2017

Een nag op die trein na Lapland


Kosie Venter
Meintjeskop-Koerier Mei 1992 

Dis September 1987. Die plek, Hesinki en die tyd sesuur die aand.  Sieta en ek het sopas ons karretjie op die trein gelaai en was besig om ons tuis te maak in 'n netjiese engerieflike kompartement. Ons het lankal uitgesien na hierdie reis na Lapland en daarvandaan na Noorwee om te gaan kyk hoe lyk Noordkaap die mees noordelike punt in die wereld waar mens met 'n motor kan kom.
Die trein begin beweeg, en soos goeie Suid-Afrikaners gewoond is om te maak, kom die whiskybottel te voorskyn vir daardie sundowner (terwyl die son hierdie tyd van die jaar nie eintlik opkom of ndergaan niel).  Netnou sal ons die restaurant opsoek, 'n heerlike Finse vismaal geniet en dan lekker vroeg in die kooi klim vir die nagreis na Kolari in die noorde. More vat ons dan die pad deur Lapland na Noord- kaap. 

Daar is seker van ons kollegas wat Fins aanqelee r het, maar ons twee, wat tog meer as twee tale magtig is, het tou opgegooi na enkele maande se probeer. Tel kon ons darem want in winkels was dit nodig om min of meer te weet hoeveel 'n ding kos. Een twee drie vier Uksi kaksi, kolme nalja en so aan. 

Die woord vir twee wat in Afrikaans nie baie mooi op die oor val nie, hoor jy in byna elke sin, want dis twee, dubbel, twintig, tweehonderd en so aan. Nou probeer ek die kennisgewings agter die deur ontsyfer om te sien waar die restaurant is, maar dis nog Griekser as Homerus se Odyssee. 

Die gangetjie is ook maar soos alle ander nou en harde wande wat jou elmboe werlt as die trein so skommel. Gelukkig is die 1aaste deur agter gesluit anders kan 'n man jou mos misgis en ingedagte uitstap op die groen Finse landskapl Reg geraai geen restaurant nie. Ek kom 'n man met 'n uniform en ' n keps tee met so 'n lys en 'n pot- lood. Moet die kondukteur wees. 

Hy praat nie Engels, Duits of Afrikaans nie. Hy verstaan darem die woord restaurant, maar uit sy stortvloed van woorde lei ek 'n ontkennende toontjie af. Miskien, dag ek in my slimheid, word die wa later aangehaak. Finne hou daarvan om laat te eet. 

Jongmense in Finland is oor die algemeen Engels magtig, en intelligente ou wat ek is, soek ek nou so iemand wat my dalk kan inlig. Ja, daar kom sy. Mooi en blond.  Nee, se sy, hier is nie 'n restaurant nie. Volgens haar is dit glo te gevaarlik want die Finne ken nie hulle maat met die Koskenkorva (vodka) of wyn nie, en as hulle more-oggend die pad vat kan dit foeter. 

Mense bring maar hulle eie kosmandjie saam wat in elk geval die nodige bottel medisyne bevat. In die kompartement is daar darem 'n karaf water wat die whisky moet verdun. Sieta het ook in ons nagtassie 'n paar beskuitjies en 'n stukkie kaas ontdek. Soos die Skrif se"'n droe bête met rus daarby" dit was ons aandete in plaas van daardie heerlike salm met al die "goodies" wat daarby hoort.  

Volgende oggend is die keel maar  droog en die tong lelik aangetas gaan van die kaas of, miskien die water uit die karaf wat toe al op is. Ek is weer soek na water – ons treine en al die ander wat ek ke het so ‘n groot fles in die hoek vandie gang waar drinkwater gehou word.Nee,niks! Die vrou van my keer ‘n man voor wat met sy karaf water bedel by elke kompartement. 

HY sal in die hemel kom, want hy skink vir ons so ‘n halwe glasie.  Moes seker aan dieselfde kwaal as ons  het begrip het, en het begrip vir die probleem gehad.  

Halfelf by Kolari aangekom, moet ons half spring om van die trein af te kom, want daar is nie 'n platform nie, lyk nes die saaidings in die ou dae in Wes-Transvaal. Dit sif so effens en dis koud.  Die wagkamer is interessant: 'n groot Lapse tent met 'n vuur in die middel en bankies teen die kante. 

Eindelik op pad. Maar nou is die vind van 'n eetplek dringend noodsaaklik. Hier is 'n plek wat soos ‘n keffie lyk. 'n Vriendelike gesette moederlike tipe agter die toonbank. Die uiteinde van die taalprobleem was dat ons aldrie in die kombuis gestaan en eiers bak het en in die proses die name vir die verskillende produkte probeer leer het. 

Hierdie tyd van die jaar is Lapland pragtig met sy roesbruin blare wat soos 'n goue blinkende see lyk. Kort-kort moet jy stilhou sodat troppe takbokke, soos beeste of skape, oor die pad kan stap. Die parmantige leierbul vooraan met sy pragtige horings fier in die lug. 

Hier en daar is daar besienswaardighede langs die pad. Op een plek in die bos is 'n groot uitgeholde klip waarin volgens oorlewering, 'n man een nag saam met I n beer teen die koue geskuil het. Hier in die woud kom jy diep onder die indruk van die oorweldigende stilte van Lapland. Jy kan die stilte hoor. Geen geluid, nie eers van 'n voel nie. 

Op die Noordpoolsirkel (Napapiiri) is daar 'n groot toeriste-aantreklikheid. 'n Bord met verskillende tale vertel jou dis die poolsirkel en in die winkeltj ies kan jy van alles en nog wat koop - takbokhorings en velIe, fleurige Laphooftooisels en massas kitsch. In 'n kampie loop rendiere, en die grootste een heet Rudolf. Dan besef jy dis Kersvader se blyplek. En gou merk jy die vriendelike dik ou man op waar hy praatj ies met veral kinders maak.  Sy groet bestaan uit drie geluide "Hoi-ho-ho! " Ja, hy bestaan werklik, hy woon op die Noordpoolsirkel en hulle se hy vlieg regtig met sy slee en takbokke deur die lug!

1 comment: