Pierre
Dietrichsen
Geleerdes het al baie geskryf oor die
praktyk van diplomatieke ver- teenwoordiging en die proses van buitelandse
beleidsformulering. In die milieu van modelle, teoriee en doelwitbestuur waarin
ons lewe is daar een "kursus" wat steeds baiewaarde het, naamlik
ondervinding.
Tydens 'n dinkskrum het twee kollegas 'n
tyd gelede notas vergelyk oor die variasies van verteenwoordiging wat al
eerstehands beleef is
Daar is natuurlik 'n verskeidenheid ander
wat gelukkig nie beleef is nie. Dit is ten minste interessant en selfs, as die
leser se gemoedstoestand reg is, 'n bietjie melankolies-amusant. Tye verander
so vinnig dat ons een van die dae die tydperk van "buitelandse
opdraendes" gaan vergeet as die deure oopswaai.
Dit begin in die Uniegebou met die Hoof van
Personeel, mnr Stoney Steenkamp, bygestaan deur die vaderlike mnr Lee wat 'n
gereed en gretige kadet inroep en hom meedeel dat hy na 'n Missie oorgeplaas is
wat nie bestaan nie, te wete die te-stigte Konsulaat-Generaal in Lima.
Die lees van die paar beskikbare verslae bring aan die lig dat die owerhede van die Inkaland ondernemings gegee het oor bilaterale betrekkinge wat opgevolg moet word en
Die lees van die paar beskikbare verslae bring aan die lig dat die owerhede van die Inkaland ondernemings gegee het oor bilaterale betrekkinge wat opgevolg moet word en
Reelings vir die stigting is in haas getref
tussen die nuwe Konsul-Generaal wat homself in Hong Kong bevind en die ewe nuwe
Vise-konsul in die Uniegebou.
'n Reis oor die "warm" Rio bring
die energieke beginner in Lima in die nagtelike ure waar die nuwe Missie sonder
seremonie in die lewe geroep word die oggend toe die nuwe kollegas die
Buitelandse Ministerie inlig dat die Konsulaat-Gensraal vanuit die Gran Hotel
Bolivar sal funksioneer.
Om' n lang sage kort te knip, kan die
resultaat van die volgende weke se gestoei met 'n onwillige Afrika-afdeling, 'n
onbeholpe Protokol en 'n ongeorganiseerde Konsulere-afdeling, so geskets word,
HK se die Konsul-Generaal mag se hy is 'n Ambassadeur maar die
"locals" se hy is nie eers 'n diplomaat nie, wat nog 'n Ambassadeur!
Konsulate stempel dokumente en daar is geen rede vir dokumentstempelaars om
Afrikahoofde te sien nie om van ministers nie eers te droom nie!
Na 'n tydjie begin die Ambassadeur wat nie
'n ambassadeur is nie en die Derde Sekretaris wat 'n Vise-konsul is, die geheim
van die Latynse tussen ganger aanleer en vind dat deure soms op skrefies oop is
vir vlugvoetige diplomate wat nie diplomate is nie maar ook nie tevrede is om
net te stempel" nie.
Toe stap die tyd maar aan in die leerskool
van pragmatisme! Gelukkig volg twee "normale" poste in die Ambassades
in Buenos Aires en Parys daarna om te verseker dat ons nie-meer-so-nuut
diplomaat nie 'n permanente knak en "chip" kry oor die kwessies van
titels en funksies en toegang en immuniteite nie.
Dit wil nou nie se die deure in die twee
plekke was wyd oop nie maar ons ou spannetjie het darem in dieselfde tou
gestaan as ander "dear colleagues".
'n Ander kollega wat Afrika-administrasie
vir die diplomasie verruil het, bevind horn op 'n dag in Helsinki waar hy by
die Ambassade sy diplomatieke loopbaan begin. Groot was sy verbasing toe hy leer dat 'n ambassade ook 'n gesantskap
kan wees en die ambassadeur wat "Ambassadeur" genoem word eintlik die
gesant is en, om sake nag meer interessant te maak, ook "Minister"
kan wees en genoem kan word! (Die politiek neem oak alles oor! )
Gelukkig darem was ander sake min of meer
normaal in die sin dat diplomatieke voorregte en die titels
"ondertoe" was waarvan die boeke praat.
By sy terugkeer in Pretoria vind hy toe dat
daar 'n ander element in die internasionale politiek ingesluip het wat selfs
staatsleer anders maak as wat dr Olivier altyd gese het naamlik die
nieonafhank-like lande. Presidente en kabinette was daar en selfs enkele
ambassades maar daar kon nie eintlik van 'n dipiomatieke korps of
internasionaie betrokkenheid gepraat word nie!
Intussen het ons eerste kollega in Tokio
beland. Daar was die situasie mooi uitgewerk en met Japan- nese presiesheid
wederkerig toegepas. Die Konsul-generaal was 'n Ambassadeur en is ook so genoem
deur almal, insluitend die "locals" maar natuurlik, hy was eintlik
die Konsui-generaal. Almal en alles was ewe inskiklik en beskaafd en
"toegang" was binne perke heeltemal normaal.
Amptelike uitnodigings was net besonder
skaars. Ons kollega ter sprake was heeltemal tuis in sy pos as Konsul wat eintlik
Ministerraad was en het geglo dat min hom sou verras. Soms het vriendelike
kontakte selfs na hom verwys as Adjunk-Konsul-Generaal omdat die titel as 'n
moontlikheid genoem is deur hoer gesag op HK.
Daar was wel 'n ding aan die kom wat ons
koliega sou verbaas. Nadat hy met groot meegevoel op televisie gesien het van
'n kollega se slegte geluk in 'n onderonsie met die Buitelandse Ministerie in
Buenos Aires, is hy meegedeel om te pak en in die leeubek langs die Rio de la Plata
kamp op te slaan as Hoof van Missie.
Wat vroeer 'n Ambassade was, in die kollega
se jongdae, was nou 'n Konsulaat. Waar die Ambassadeur vroeer
"Ambassadeur" was, het die Ambassadeur nou 'n Vise-konsul-in-Beheer
geword. Nie eers Konsui nie! 'n Owerste oor tientalle sonder sy perd! Vermoedelik
was daar nog nooit in die geskiedenis van ons buitelandse betrekkinge 'n geval
waar 'n beampte dertien jaar na sy vertrek uit 'n pos, terugkeer in 'n
"laer posisie" as wat hy vroeez in dieselfde stad bekiee het nie. ._
(Klink na die titel van 'n boek "From Second Secretary to Vice Consul in
thirteen short years" ) . Anders gestel daar is seker nie veel ander
gevalle van ‘n "en titre" missiehoof wat 'n Vise-konsul-in-Bevel is
nie. Gelukkig is daar die ander kant van die saak naamlik dat die beampte die mees
senior Vise-konsul in die wereld behoort te wees.
Dit laat mens dink ne|